Tuesday, June 7, 2011

"We've got some crimpelene dresses, if you're into that..."



Op 'n koue, reënerige dag in die Scumerset, besluit ek en my vriendin om iets te doen waaroor ons al lank praat: charity shop shopping. Ons warm toe haar ou jetta op (wat sy by 'n familielid oorgekoop het) en vat die pad dorp toe. O en net so terloops, sy kla toe oor hoe vuil haar kar is. Maar upon further inspection word daar toe besef dat die herfsblare eintlik van die motortjie 'n kunswerk gemaak is... Aah the beauty of the unexpected.




Sy het die coolste kar ooit, verseker. O net nog so 'n "terloopse opmerking": ek het vir haar gesê om hierdie spesifieke haircut te kry. Goeie idee? EK dink so! Kyk self.



Nadat ek klaar myself geprys het vir haar nuwe look (gee erkenning aan wie dit toekom, oukei...), het ons die pad gevat. Sodra ons by die eerste Hospice-winkel uitstap, elkeen met 'n sak vol nuwe ou truie, het ons geweet: Mr. Price sien ons nie gou weer nie. Ons het elkeen ses of sewe van die mees fantastiese kledingstukke gekry teen 'n grand total van omtrent R175 elk.

Behalwe vir die klere, het ons die interessantste en vriendelikste winkel-assistente ontmoet en soveel pret gehad met die aanpas van die klere. Dit klink simpel as jy dit oorvertel, maar dis iets wat elke mens moet ervaar. For real! Stories is uitgeruil oor die keer toe die winkel-assistent die vrou uit die leotard moes gaan skud het en geselsies is aangeknoop oor allerhande lawwighede. En ek het 'n trui gekoop bloot oor die feit dat ek ridiculous lyk daarin... Glo my, jy wil nie weet nie.

So hierdie is die deel van die storietjie wat ek tot 'n baie cliché gevolgtrekking kom oor my ervaring. En dis presies wat ek gaan doen: een man se vullis is 'n ander een se skat. En dit, my vriend, is die reine waarheid.


Peace out yo.

No comments:

Post a Comment