Tuesday, June 21, 2011

Die avontuur

So twee naweke gelede het ek en twee (beste) vriendinne konfedereer om 'n wyn en 'n hub en die pad gevat in die legendariese Fox. Daar is gelag en gepraat en gekuier en, wel, nog gelag. Ek het natuurlik die groot voorreg om vriendinne te hê wat meer vir MY lag as enige iets anders...

Hierdie foto's is die storie. Dit vertel dit baie beter as wat ek kan. Woorde sal nie dié naweek met geregtigheid kan beskryf nie.


Lynel tjilit uit.


Ghello ghello



We are young and we are free.


Ek het tot die skokkende besef gekom dat my heupe te breed geword het vir 'n kinderswaai... Of die swaaie word deesdae smaller gemaak om die Westerse obsessie met gewig aan te vuur. Ha!


Doggie.


Wiiiieeeee!
Lynel is 'n retard. That's why I love her.


Om nom nom. Suigstokkie en Steri Stumpie... Waarvoor kan 'n meisie nog vra?


This is her smouldering look. Rawr.


Simi op haar gunsteling speelding...


... en Lynel se least favourite speelding.


Die sjef by M'anouche: "Is that your friend with the hubbly? Tell her she has beautiful eyes."


Nelnel met een van ons Charity Shop-finds.


Aandklas! Simi se favourite kuierplek :).


Andra. Pre-show vir die Van Coke Kartel-acoustic by Klein Libertas Teater.


Van Coke Kartel-acoustic. Goeie show!


Kaapstad


Binne 'n Methodiste Kerk in Kaapstad, langs Green Market Square.


Beautiful!

Meksikaanse Restaurant in 'n systraatjie uit Langstraat, om die draai van Zula Bar.

Wat is 'n Meksikaanse restaurant sonder hot sauce? Come on!

Smul. Lekkerste kos!

Laaaanie, my bru.

"These facebrick constellations patronise me."


Die brug by die Waterfront was onder konstruksie, toe vervoer hulle ons per boot na die ander kant. Onverwagte interessanthede is wat die lewe mooi maak.


Die antie geniet die lens.


Ek kan nie onthou watse naam Simi vir die didgeridoo gegee het nie, maar ek kon nie ophou lag nie.


Ek jamit' uit by Den Anker in die Waterfront.


Cherry Bier. HEELTEMAL die R52 'n glas werd!


This is what makes me so proudly African...








Tot volgende keer.



Thursday, June 9, 2011

The times, they are a-changin', yet some things never change

My pa was gisteraand heel aand op Gumtree, opsoek na 'n moontlike eerste kar vir my. En ek gaan lieg as ek sê ek is NIE opgewonde nie! Ek het nog nie eers 'n lisensie nie en hy's klaar aan die soek. Ek kla regtig nie. Die omie van die bestuurskool het my juis vanoggend wakker gebel. This is all very exciting. Nie net oor die feit dat ek mobile gaan wees nie, maar ook al die moontlikhede wat dit inhou... Did someone say roadtrip?

So vanoggend, so in my opgewondenheid en nog in 'n waas oor die vreemde droom van netnou, kom ek af op hierdie foto van my pa, way back in the day:


Dis hy by SY eerste kar, die ou classic geel volla. So proud. Dis nogal snaaks, toe ek begin droom het oor karre, was my eerste keuse ook 'n volla. Daai droom het natuurlik sy gat gesien toe ek besef dat, prakties gewys, dit nie so 'n goeie besluit sal wees nie.

Oor so paar weke gaan ek 'n foto post met my en my tjor - dieselfde angle, dieselfde pose. Dan sal ek dit bewys: generasies verskil en verandering vind plaas, maar sekere dinge sal altyd dieselfde bly.

Adios.

Wednesday, June 8, 2011

Argiewe: inskrywing #1

Jy weet daai gevoel wat jy kry as ‘n liedjie wat jy haat opkom op iTunes net na jy ‘n befokte een geluister het? Dit het sopas met my gebeur. Ek het Foto Na Dans se beautiful Winter geluister, net voor daai stupid colab met Flash Republic my ore kom aanrand het. Dis seker nie so ‘n slegte song nie, maar over-playing is ‘n teef.

So ek het in van my ou skryfstukke/gedigte gaan krap om te kyk of daar iets worthwhile is om hier te post. Toe kom ek af op hierdie inskrywing wat ek een aand laat geskryf het terwyl ek alleen in my koshuiskamer gesit het. Dis gebaseer op die feit dat ek besef het dat ek nog nie naastenby my volle potensiaal bereik het nie en dat daar iets diep binne my is wat skree om te ontsnap. Want eers dan gaan ek ten volle vry kan wees...


“Daar wag iets binne jou...”

Ek mis dit om te sing en te skryf en te skryf tot daar nie meer woorde is om te skryf nie. Ek wil veilig voel in myself en nie myself bekommer oor die banaliteite van die lewe nie. Ek wil net sing en skryf asof die oomblik perfek is. Die woorde maak dit tog perfek. Dis eerder soos ‘n volmaakte imperfeksie wat geskep word. Daardie magiese oomblik tussen dink en neerpen. Daardie onbeskryflike eenheid wat tussen denke en skrywe ontstaan – ‘n oerknal van opeengehoopde kreatiewe frustrasie.

Ek wil nie meer frustreerd wees nie. Ek sal nie weer ingee tot my eie onpraktiese, onwillekeurige simpelgeit nie. Ek sal opstaan teen myself en oorwin bo die gehamer van die banale in my kop – ek sal die banale neerpen en die donnerse frustrasie wegjaag. Want ek hoef nie frustreerd te wees nie. Ek hoef nie alleen in my denke te wees nie. Ek is nie alleen nie.

Want ek is meer as wat ek dink ek is. Arrogansie is nie vir my bewonderenswaardig nie, moet my nie verkeerd verstaan nie. Maar ek weet daar’s iets in my versteek. Daar’s iets diep, diep binne my wat skreeu om uit te kom, maar nie uitkomkans vind nie, want ek laat dit nie toe nie. Ek’s gewoonlik die een wat mense afskiet of afgepis raak as iemand met tonnelvisie leef, maar ek is skuldig aan die einste misdaad. Ek is so behep daarmee om nié ‘n sekere manier te wees nie, dat ek op die einde maar in my eie tonnel van denkwyse leef. Ek laat nie toe dat ander naby my kom nie, want ek’s bang hulle versteur my lyn van visie – moet tog net nie in my pad kom staan nie, ek raak verbouereerd.

Eensaamheid is baie meer as om net alleen te voel. Eensaamheid is om verwyderd van jouself te voel, want jy weet nie meer waar in die groot kosmos van die lewe jy jou bevind nie. Jou tonnel is so diep gegrawe, dat jy nie uitkomkans kan sien nie.

Die enigste manier hoe ek hier, uit hierdie tonnel, kan ontsnap, is om dit wat so diep, diep binne my is, vry te laat. Want as ek my ware identiteit vrylaat, sal ek ook vry wees. En uiteindelik sal ek minder eensaam wees en weer een wees met myself. Want dis donners eensaam as jy nie eers jou eie identiteit byderhand het nie. Glo my.

10 Maart 2011, 23:38

(Foto deur Anja Morkel. Junie 2010.)

Vakansie is fantasties. Winter en vriende is selfs meer fantasties. My pa wat homemade pizza maak... Wel, dis net ongelooflik.

Adios.

Tuesday, June 7, 2011

"We've got some crimpelene dresses, if you're into that..."



Op 'n koue, reënerige dag in die Scumerset, besluit ek en my vriendin om iets te doen waaroor ons al lank praat: charity shop shopping. Ons warm toe haar ou jetta op (wat sy by 'n familielid oorgekoop het) en vat die pad dorp toe. O en net so terloops, sy kla toe oor hoe vuil haar kar is. Maar upon further inspection word daar toe besef dat die herfsblare eintlik van die motortjie 'n kunswerk gemaak is... Aah the beauty of the unexpected.




Sy het die coolste kar ooit, verseker. O net nog so 'n "terloopse opmerking": ek het vir haar gesê om hierdie spesifieke haircut te kry. Goeie idee? EK dink so! Kyk self.



Nadat ek klaar myself geprys het vir haar nuwe look (gee erkenning aan wie dit toekom, oukei...), het ons die pad gevat. Sodra ons by die eerste Hospice-winkel uitstap, elkeen met 'n sak vol nuwe ou truie, het ons geweet: Mr. Price sien ons nie gou weer nie. Ons het elkeen ses of sewe van die mees fantastiese kledingstukke gekry teen 'n grand total van omtrent R175 elk.

Behalwe vir die klere, het ons die interessantste en vriendelikste winkel-assistente ontmoet en soveel pret gehad met die aanpas van die klere. Dit klink simpel as jy dit oorvertel, maar dis iets wat elke mens moet ervaar. For real! Stories is uitgeruil oor die keer toe die winkel-assistent die vrou uit die leotard moes gaan skud het en geselsies is aangeknoop oor allerhande lawwighede. En ek het 'n trui gekoop bloot oor die feit dat ek ridiculous lyk daarin... Glo my, jy wil nie weet nie.

So hierdie is die deel van die storietjie wat ek tot 'n baie cliché gevolgtrekking kom oor my ervaring. En dis presies wat ek gaan doen: een man se vullis is 'n ander een se skat. En dit, my vriend, is die reine waarheid.


Peace out yo.

Sunday, June 5, 2011

"One should examine oneself for a very long time before thinking of condemning others." - Moliere


Ek bombardeer julle met videos vandag. Youtube is gevaarlik verslawend. Maar hierdie ene moet ek deel met die massas, omdat dit my so kwaad, maar meer hartseer gemaak het. Hierdie mense se hypocritical houding teenoor die lewe is skokkend. Daar's niks wat ek direk aan hierdie kan doen nie, behalwe om te besluit om nie so te leef nie. Come on mense, haal die baksteen uit jou eie oog uit!

Peace out.

Down by the Riverside

"Down by the river by the boats
Where everyone goes to be alone
Where you won't see any rising sun
Down to the river we will run


When by the water we drink to the dregs
Look at the stones on the river bed
I can tell from your eyes
You've never been by the Riverside."

Agnes Obel se musiek is ontsettend mooi. En die perfekte manier om 'n rustige Sondag in Stellenbosch te begin.

Saturday, June 4, 2011

Hier's ek weer.

Ek het al vantevore 'n rather shitty poging aangewend om te blog, maar het grotendeels die interweb (en myself) verveel met my skoolagtige kommentaar oor dinge wat buite my begrip was op daai stadium. Ek reken die tyd is nou ryp om my stem te laat hoor of net 'n platform te hê om my gedagtes op bloot te lê, al is dit soms akkoordloos.

Die lewe is vir my by tye soos 'n Animal Collective liedjie. Dit klink soms na 'n klomp kakofoniese geluide of net plain geraas, maar op die ou einde maak dit tog sin. So bare with me en raak bewus, want die lewe is eintlik pretty sweet.

"Beauty said there was something more than just one fucking thing after another."

Tot volgende keer, maters.