Showing posts with label Verandering. Show all posts
Showing posts with label Verandering. Show all posts

Thursday, June 9, 2011

The times, they are a-changin', yet some things never change

My pa was gisteraand heel aand op Gumtree, opsoek na 'n moontlike eerste kar vir my. En ek gaan lieg as ek sê ek is NIE opgewonde nie! Ek het nog nie eers 'n lisensie nie en hy's klaar aan die soek. Ek kla regtig nie. Die omie van die bestuurskool het my juis vanoggend wakker gebel. This is all very exciting. Nie net oor die feit dat ek mobile gaan wees nie, maar ook al die moontlikhede wat dit inhou... Did someone say roadtrip?

So vanoggend, so in my opgewondenheid en nog in 'n waas oor die vreemde droom van netnou, kom ek af op hierdie foto van my pa, way back in the day:


Dis hy by SY eerste kar, die ou classic geel volla. So proud. Dis nogal snaaks, toe ek begin droom het oor karre, was my eerste keuse ook 'n volla. Daai droom het natuurlik sy gat gesien toe ek besef dat, prakties gewys, dit nie so 'n goeie besluit sal wees nie.

Oor so paar weke gaan ek 'n foto post met my en my tjor - dieselfde angle, dieselfde pose. Dan sal ek dit bewys: generasies verskil en verandering vind plaas, maar sekere dinge sal altyd dieselfde bly.

Adios.